Voertuigtoetse dalk verpligtend in SA
2011-06-08 12:45
Kaapstad – Voertuigtoetse mag dalk binnekort 'n jaarlikse verpligting in Suid-Afrika word om sodoende padsterftes te verminder.
Afgevaardigdes by die Road Safety-konferensie in Pretoria is die taak opgelê om met ‘n toepaslike program en plan vorendag te kom en ook hoe dit geïmplementeer kan word.
Volgens statistiek sterf meer as 14 000 mense jaarliks op Suid-Afrikaanse paaie en dit kos die ekonomie meer as R50 miljard.
Collins Letsoalo, waarnemende hoof uitvoerende beampte van die Road Traffic Management Corporation (RTMC), is ongeveer driekwart van die 10 miljoen voertuie op Suid-Afrikaanse paaie onpadwaardig.
“Deur die voertuie gereeld te toets sal dit die aantal ongelukke drasties verminder.”
Volgens Jeremy Cronin, adjunkminister van vervoer, is die idee al vir ‘n paar jaar in die pyplyn, maar daar is nog geen planne geïmplementeer nie en is dit nie verbind tot ‘n tydsraamwerk nie.
Hy sê jaarlikse voertuigtoetse is besig om ‘n wêreldstandaard te word. Die doel is nie om voertuie van die pad te verwyder nie maar om motoriste aan te moedig om veiliger te bestuur.
- Eyewitness News.
- Volg Nuus24 op Twitter.