‘Vir elke R1-tolgeld spaar motoris R9’

2012-02-22 07:10
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Vir elke rand se tolgeld op Gautengse hoofweë gaan die gemiddelde motoris R8,84 se waarde kry.

Dié waarde kom in die vorm van tydbesparing en stresvermindering.

Dít is die bevinding van die ekonoom dr. Roelof Botha ná ’n studie waarvan die resultate Dinsdag bekend gemaak is. Dit kom kort voor vandag se begrotingsrede waarin Pravin Gordhan, minister van finansies, na verwagting meer lig sal werp op hoe die R20 miljard se konstruksiekoste aan die paaie betaal sal word nadat die hef van tol vroeër tydelik opgeskort is weens openbare teenstand.

Botha het padgebruikers in vyf huishoudelike inkomstegroepe verdeel. Die rykste vyfde, wat gemiddeld R585 183 per jaar verdien, sal 94% van die tolinkomste betaal. As die tweede hoogste kategorie wat gemiddeld R135 000 per jaar verdien, bygetel word, betaal dié twee groepe saam 99% van die tolinkomste, het Botha bevind.

Die rykste vyfde sal volgens Botha saam sowat R1,6 miljard per jaar aan tolgeld betaal en die tweede rykste vyfde R78 miljoen, vergeleke met die drie armer groepe se gesamentlike toluitgawes van R15 miljoen. Húlle gebruik minder private vervoer omdat hulle dit nie kan bekostig nie en openbare vervoer is vrygestel van tolgeld.

Botha het gesê as padgebruikers net 15% van die tyd wat bespaar word danksy die verbeterde paaie gebruik om inkomste te verdien, sal R2,1 miljard per jaar tot die ekonomie toegevoeg word.

Botha het gesê hy is verbaas die departement van vervoer het so min gedoen om die Gautengse tolpadstelsel se voordele aan motoriste te verduidelik.

“Dit is danksy die tolstelsel dat die Gautengse hoofweë verbeter is,” het Botha gesê.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: tolgelde

Lewer kommentaar op hierdie artikel
23 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

BMW

X5 4.4i 4x4 AT
2008
R 595,995.00

TOYOTA

Avensis 2.0 Advanced AT
2007
R 179,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.