Video: SA maak Top Gear-debuut
2011-06-27 11:33
Kaapstad – Die wêreld se mees gewilde motors-televisieprogram, Top Gear, het uiteindelik 'n episode in Suid-Afrika verfilm.
Dié program, waarvan die 17de seisoen pas afgeskop het, het begin met 'n episode waarin Richard Hammond, een van die aanbieders, in 'n Marauder in die strate van Johannesburg rondrits.
Die Marauder is ‘n ses-silinder turbodiesel-voertuig wat in militêre situasies gebruik word, en weeg 10 ton.
Kyk hier na die video van Hammond.
– Wheels24.
– Volg Nuus24 op Twitter.