Video: Motor wat self kan bestuur
2011-03-04 11:28
Kaapstad – ‘n Motor wat homself kan bestuur het Donderdag tydens ‘n konferensie in Kalifornië wéér sy verskyning gemaak, het die tegnologieblog Mashable berig.
Dít volg ná Google dit verlede jaar in Oktober bekendgestel het.
Konferensiegangers was die geleentheid gegee om dié motor te toetsbestuur.
Volgens Sebastian Thrun, een van die ontwikkelaars van die projek, is dit slegs ‘n wetenskaplike projek, en sal dit nie vir Google geld in die sak bring nie.
- Volg Nuus24 op Twitter