Verkeersowerhede waarsku motoriste
2011-12-25 14:45
Kaapstad – Verkeersowerhede in Kaapstad het gesê motoriste van die stad verlaat moet seker maak hul voertuie is in 'n goeie toestand voor hulle die langpad aandurf.
Talle mense sal na verwagting na kampeerterreine en vakansiebestemmings buite die stad stroom.
Owerhede het 'n beroep op motoriste gedoen om versigtig te wees en te verseker dat hul reise goed beplan is.
"Vir diegene wat vakansie gaan hou, ons doen 'n beroep op julle om julle voertuie na te gaan," het Maxine Jordaan, woordvoerder van die Kaapstadse verkeersdepartement, gesê.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter