Verkeerslui eis hoof, ‘vriende’ moet gaan

2012-01-26 09:02
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – ’n Groep van sowat 200 verkeersbeamptes en ander personeel van die Padverkeersbestuurskorporasie (RTMC) eis die RTMC se waarnemende uitvoerende hoof, Collins Letsoalo, en “sy vriende” moet onmiddellik hul poste ontruim.

Dié vriende word by name genoem in ’n memorandum waarin die eis uiteengesit word.

Dié groep stakers het gister buite die RTMC se kantore in Faerie Glen, Pretoria, saamgedrom om die memorandum aan Letsoalo te oorhandig.

Hulle dring daarop aan kwessies – waaroor hulle al sedert Mei 2011 kla en wat steeds onopgelos is – teen 31 Januarie afgehandel moet wees.

Hulle dring ook aan aanstellings wat Letsoalo gemaak het sedert hy in dié pos aangestel is, moet ondersoek word.

Bewerings van voortdurende viktimisering van personeellede en dat hulle gedurig met afdanking gedreig en ook afgedank word, word ook in die memorandum gemaak.

Ander griewe gaan oor oortydbetaling en gebrekkige mediese voordele.

Die stakers het gister die tweede agtereenvolgende dag in uniform buite die kantore betoog.

Hulle het egter ontken dat hul staking onwettig is.

“Ek weet nie waaroor die bohaai gaan nie. Nog geen dispuut het ontstaan nie,” het Letsoalo gesê.

“Dié mense is besig met ’n onwettige staking.”

Letsoalo het geweier om die memorandum met die werknemers se griewe in ontvangs te neem en is toe terug na sy kantoor.

Gilberto Martins, ’n spesiale raadgewer vir die minister van vervoer, mnr. S’bu Ndebele, is gestuur om die si­tua­sie te ontlont.

Martins het die memorandum in ontvangs geneem en ’n afskrif daarvan aan Letsoalo in sy kantoor oorhandig.

Martins het onderneem om ’n afspraak namens verteenwoordigers van die groep met die minister te reël om die kwessies te bespreek.

– Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Micra 1.4 Comfort 5-dr
2005
R 79,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.