Verfriste Terios ook veld-fiks

2010-03-13 00:23
Tweets Share Share line Print

Daihatsu het sy Terios ’n bietjie opgeknap. Klein, maar moenie die bergklimmertjie onderskat nie. (Beeld)

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Soos ’n kunstenaar agter ’n rekenaarskerm, ’n cordon bleu -sjef in ’n padkafee of ’n wilde perd op stal. As motors kon voel, dan is dit waarskynlik hoe die meeste stedelike 4x4’s sou voel.

Ek het met gemengde gevoelens die opgeknapte Daihatsu Terios II se bekendstellingsuitnodiging aanvaar.

Gaan ek ook nou die “onsterflike padbuffel-houding” kry? Kan die Terios regtig die veld hanteer? Gaan ek my vooropgestelde idees van stedelike 4x4’s en hul bestuurders heroorweeg?

Dinge het reeds rooskleuriger gelyk toe ek my sleutel kry en dit pas in een van die pragtige metaalgroen modelle. Dié groen kleur is nuut in die Daihatsu-groep nadat groen motors in ’n stadium gestaak is weens swak verkope.

Die Daihatsu Terios II is ’n kompakte sportnutsvoertuig (SUV); tog is die binnekant ruim met genoeg kop- en beenruimte voor en agter. Die agtersitplek verdeel 60/40 en vou heeltemal plat om ’n totale laairuimte van 1 200 liter te skep – dit is genoeg om ’n groot bergfiets te kan pas.

Die lang pad word draagliker gemaak deur ’n kragtige lugversorger en ’n radio/MP3-speler met stuurwielkontroles, om nie te praat van die ses koppiehouers en ’n krag­sok vir ’n navigasietoestel nie.

Die Terios II-4x4-model waarmee ons gery het, beskik ook oor misligte, dakrak en ewenaarsluiting wat aan- en afgeskakel kan word. Veiligheidskenmerke is onder meer twee lugsakke, ABS-remme en frommelsones.

Die Terios se uitsig is baie goed en lekker vir foto’s neem in die veiligheid van die kajuit.

Hy staan op 205 mm lekker hoog in sy sokkies en die invalshoek van 37º en uitgangshoek van 38º is van die beste in dié voertuigklas.

Die Terios II 4x4 Off Road-model is nog 50 mm hoër.

Moenie deur die 1 500cc-enjin geflous word nie. Dié lewer sowat 80 kW teen 6 000 r/min. en 141 Nm se wringkrag teen
4 400 r/min., is besonder ekonomies teen 8,1 liter/100km en is ewe spaarsamig met die CO2 – 190 g/km.

Krag- en wringkraglewering deur die onderskeie modelle (4x2, 4x4, 4x4 Off Road en die langasafstandmodel) wissel effens.

En kan die mannetjie klim! Ons het die hindernisse op die vlak 3-baan sonder enige probleme oorkom (skakel maar die lugversorging af vir die skerp klim).

Ons kon ’n redelike spoed op grondpaaie handhaaf, maar ek het tog gevoel dat die agterkant bietjie “los” voel.

Ek sou ook meer ondersteuning van die sitplekke wou hê.

Die petrolverbruik tydens ons veldritte het baie beïndruk, asook die algehele gevoel van betroubaarheid en bereidwilligheid.

Altesame 30% van Daihatsu se verkope is 4x4’s waarvan sowat 80% stedelike aankope is.

En dit is jammer; die Terios is ’n uitsonderlike veldvoertuig in sy klas, maar word selde daarvoor gebruik.

 Dit was heerlik uitdagend en belonend om dié stadsmotor se uithouvermoë in die veld te gaan toets. Meer Terios-eienaars kan gerus maar die “road less travelled” aandurf.

Teen ’n intreeprys van R205 000 (4x2-model) vertoon die Terios II se mededingers (Nissan Qashqai 1.6 – R225 000; Hyundai Tuscon 2.0 – R293 000; en Kia Sportage 2.0 – R248 995) maar heel bedroë. Die Terios II is baie meer kar vir heelwat minder geld.

Is my aanvanklike vrae beantwoord?

Nee, ek het nie in ’n buffel ontaard nie; dié gedrag het dus nie veel met die kar uit te waai nie. Ja, die Terios is ’n ratse, vlugvoetige rakker in die veld.

En my vooropgestelde idees? Sien maar my eerste twee antwoorde.

– Beeld

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... WAT, is daar so iets soos n “Nommer Een Taxi-bestuurder”. Aikona eish ek glo nie daai ding Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-16°C Passing showers. Scattered clouds. Cool. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 13-19°C A few showers. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY XS TD5 AT
2004
R 209,900.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 199,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.