Verdere prysverhogings vir MyCiti-busdienste
2011-06-28 10:13
Kaapstad – Dit wil voorkom of daar dalk nóg prysverhogings vir die MyCiti-busdienste in 2012 gaan wees.
Die raad van die stad Kaapstad het Maandag aangekondig dat ‘n buskaartjie vanaf die Burgersentrum na die lughawe R53 sal kos.
Hierdie prysverhoging sal eerskomende Vrydag reeds in werking wees.
Pendelaars kan ook ‘n verhoging vir maandelikse kaartjies en vir kinders onder 12-jarige ouderdom verwag.
Kylie Hatton, woordvoerder van die stad Kaapstad, het gesê kaartjiepryse vir roetes in die Tableview-omgewing gaan ook hersien word.
“Die besluit om kaartjiepryse vir die lughawebusdiens te verhoog is omdat dit al vir meer as ‘n jaar in werking is,” het sy gesê.
– Eyewitness News.
– Volg Nuus24 op Twitter.