Tydren-Fiesta kry nog oemf

2009-12-10 09:04
Tweets Share Share line Print

Beeld - Fiesta-eienaars sou darem wat wou gee om ’n 206 kW-oondjie in hul ryding te hê.

Dit is presies wat die 2.0 liter- Pipo Duratec-enjin uitskop wat Ford volgende jaar in sy S2000 Fiesta vir die wêreldtydrenkampioenskap (WRC) gebruik.

Die nuwe Ford-tydrenmotor sal dié krag teen 8 000 r/min. lewer, met wringkrag van 260 Nm teen ’n hoë 6 500 r/min.

Boonop trek die doelgeboude Fiesta, wat eintlik bitter min gemeen het met die produksiemodelle, met al vier sy wiele en hy spog met ’n sesgang-opvolgratkas.

Ford se Mikko Hirvonen sal die nuwe Fiesta S2000 in die Monte Carlo-tydren toets, wat van 19 tot 23 Januarie gehou word.

Dié tydren is een van die bekendstes en een waaroor baie rolprente al gemaak is, maar vorm nie deel van die WRC-kalender nie.

Die amptelike WRC-seisoen skop eers in Februarie af.

Ford sal bitter graag volgende jaar die WRC-titel wil inpalm, aangesien Hirvonen vanjaar met slegs een punt teen Sebastien Loeb (Citroën) verloor het.

Die Fiesta het reeds ’n nie-amptelike buiging gemaak toe hy as ’n veiligheidsmotor tydens die onlangse Skotse tydren gebruik is.

Ford het reeds die Monte Carlo-tydren gewen toe Marcus Grönholm in ’n Focus RS in 2006 die vinnigste in dié ren was.

- Beeld
 

Lees meer oor: fiesta  |  motors

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Micra 1.4 Comfort 5-dr
2005
R 79,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.