Twee nuwe Prius-modelle
2009-08-12 11:22
Kaapstad - Die nuwe, derde geslag van die Prius sal binnekort in Suid-Afrika bemark word, het Toyota hierdie week aangekondig.
Hierdie model spog met twee modelle: Advanced en Exclusive.
Albei spesifikasievlakke spog met omvattende geriefs- en veiligheidskenmerke, wat die gevorderde tegnologie van die jongste volle hibriedmodel van Toyota aanvul.
Die nuwe Prius 1.8 Advanced sal goedkoper wees as die ouer model, met ‘n prys van R326 200 (BTW ingesluit). Vir R370 700 (BTW ingesluit) kan jy wegry met die Prius 1.8 Exclusive. ‘n Diensplan van vyf jaar (90 000km) word by beide pryse ingesluit.
Die jongste Hybrid Synergy Drive-stelsel, ‘n kombinasie van ‘n Atkinsonsiklus-viersilinderpetrolenjin en ‘n elektriese motor van 650 volt, dryf beide die Prius Exclusive en die Prius Advanced.
Enjinsnelheid word deurgaans by die kragvereistes en die bestuurstoestande aangepas deur middel van paswisseltransmissie.
Daarby pas die Hybrid Synergy Drive-stelsel voortdurend die krag van die petrolenjin en die elektriese motor aan vir die optimum-petrolverbruik.
Vernaamste spesifikasie-items: Prius 1.8 Advanced
• 15 duim-allooiwiele met 195/65R15-General 6J-bande
• Vierspeek-leerstuurwiel
• Kragstuur
• Snelheidsbeheer
• Elektronies verstelbare en verhitte kantspieëls
• Lugreëlaar
• Agterruitontwasemer met tydreëling
• Elektriese ruitverstelling voor en agter
• Outomatiese, reëngevoelige ruitveërs met onderbroke aksie
• Ruitprojektor
• CD-klankstelsel met agt luidsprekers en Bluetooth-funksie
• Satellietkontroles vir die klankstelsel, lugreëlaar, en Bluetooth-funksie aan die stuurwiel via aanraaksensorbeheer
• Halogeenkopligte
• Materiaalsitplekke
• Middelarmstutte voor en agter
• Hoogteverstelling vir bestuurder se sitplek
• Elektroniese lendesteunverstelling vir bestuurder se sitplek
• Sentrale sluiting met “slim” toegang
• Dubbele rommelkissie
• Konsolekissie agter
• Elektronies beheerde remstelsel
• Wieltolbeheer
• Regeneratiewe remstelsel
• Elektroniese Remkragverspreiding
• Remhulpstelsel
• Voertuigstabiliteitsbeheer
• ABS-remstelsel
• Sewe lugsakke: bestuurder, voorste passasier, gordynlugsakke, knielugsak vir bestuurder
• Immobiliseerder/alamstelsel
• 15 000 km-diensafstand
• Vyfjaar-/90 000 km-diensplan
Afgesien van die bogenoemde spesifikasies beskik die Prius 1.8 Exclusive oor die volgende:
• Elektrochromatiese truspieël
• Satellietnavigasiestelsel (HDD AVN)
• Parkeerhulp met trumonitor
• LED-kopligte
• Deftiger radio/CD-kombinasie met agt luidsprekers en Bluetooth-funksie
• Ligbeheerstelsel
• Leerinsetsels vir die sitplekke
• Sitplekverwarmers vir voorste sitplekke
• Kopligwassers