Twee lugsakke nie meer genoeg vir GM
2011-09-30 12:15
Kaapstad – General Motors (GM) gaan die motorvervaardigingsbedryf se eerste voorste middel-lugsak bekendstel, wat sal help om bestuurders en passasiers in die voorste sitplekke ten tyde van ongelukke te beskerm.
Dié nuwe lugsak sal standaard saam met alle GMC Acadia en Chevrolet Traverse-modelle uitkom.
Die voorste middelste lugsak sal tussen die voorste twee sitplekke wees.
“Die voorste lugsak word nie deur regulasies vereis nie. Daar is geen ander lugsak in passasiervoertuie wat hierdie soort beskerming bied nie,” het Scott Thomas, senior ingenieur by GM, gesê.
Volgens Adrian Lund, president van die Insurance Institute for Highway Safety het dié lugsak die werklike potensiaal om lewens te red.
– iafrica.
– Volg Nuus24 op Twitter.