Toyota ‘smeer nie probleme toe nie’
2010-02-18 03:10
Kaapstad – Die president van Toyota sê die maatskappy het nooit probeer om hul veiligheidsprobleme, wat tot herroepe gelei het, toe te smeer nie.
“Ons smeer niks toe nie en ons hardloop nie weg van enigiets nie,” het Akio Toyoda in ‘n perskonferensie gesê.
Hy het dié stelling gemaak nadat hy aangekondig het dat Toyota hul nuwe modelle sisteme gaan hê wat die ‘remme oorheers.’
Die nuwe meganisme sal die enjin se krag uitsny wanneer die versneller en rempedale gelyktydig getrap word om te voorkom dat die voertuig beheer verloor.
Vir die volledige berig, besoek sky.com