Toyota met 'n Subaru hart
2010-01-18 15:14
Kaapstad - Toyota het die skare verras by die opening van hierdie jaar se Tokyo Auto Salon met ‘n voorsmakie van die lang-verwagte sportmotor wat hulle saam met Subaru ontwerp het.

Die FT-86 G-Sports Concept is in vennootskap met Toyota se Japannese vennoot Gazoo ontwikkel en hierdie model pronk met ‘n paar opgraderings in terme van styl en vertoning.

Alhoewel beide Toyota en Gazoo geheimsinnig was in verband met die tegniese en vertoon-verwante detail, lê die merkwaardigste verandering onder die enjinkap by die toevoeging van ‘n turboaanjaer by die 2.0-liter Subaru Boxer-enjin wat krag aan die agterwiele voorsien.

Lees meer by www.carmag.co.za