Toyota herroep 3,8 miljoen motors
2009-09-30 12:55
New York - Toyota gaan sowat 3,8 miljoen van sy voertuie in Amerika herroep, weens 'n risiko dat 'n los vloermat die versneller kan afdruk en ongelukke veroorsaak.
Vyf mense is reeds weens só 'n ongeluk dood.
Die herroeping sluit die gewilde hibriede Prius-model in.
Die Amerikaanse regering sê hy het berigte ontvang van 'n honderd voorvalle waaronder 17 ongelukke wat deur die los vloermatjie veroorsaak is. Toyota in Amerika sê dit is te vroeg om die koste van die herroeping te bepaal, maar 'n ontleder sê dit kan die maatskappy tot 100-miljoen dollar kos.
Dit is die grootste enkele herroeping vir die Toyota maatskappy ooit in die VSA.
Die Camry (2007-2010), Avalon (2005-1010), Prius (2004-2009), Tacom (2005-2010), Lexus ES350 (2007-2010), Tundra (2007-2010), IS250 en IS350 (2006-2010) model word herroep.
Slegs die VSA word geraak maar Toyota gaan nog heeltemal seker maak dat ander lande nie ook geaffekteer is nie.
- Sapa-dpa