Toyota SA herroep ook nou
2010-02-10 13:30
Johannesburg – Toyota SA gaan 52 546 van hul motors herroep weens probleme met die versnellers, het die motormaatskappy Woensdag gesê.
Die motors wat herroep word sluit die volgende modelle in: Toyota Corolla-modelle van Februarie 2007 tot Januarie 2010, Toyota Auris-modelle van Junie 2006 tot Januarie 2010 en Toyota Verso-modelle van Oktober 2008 tot Januarie 2010.
Sowat 60 000 voertuie wat vanaf Suid-Afrika na ander lande in Afrika en Europa uitgevoer is, word ook herroep.
8 miljoen motors is wêreldwyd herroep nadat Toyota aanvanklik sowat 437 000 Prius-modelle herroep het.
Volgens Johan van Zyl, president en uitvoerende hoof van Toyota, is Toyota SA in die proses om eienaars van die nuwe Prius-model te kontak om hul sagteware op te gradeer.
- Sapa