Toyota Prius tops in Japan
2010-01-11 12:08
Tokio – Die Toyota Prius hibriede motor is die eerste van sy soort om as topverkoper onder Japannese verbruikers aangewys te word.
Die Japannese motorhandelaarsvereniging het Vrydag gesê die Toyota Motor-maatskappy se Pruis is nommer een onder verbruikers, met 208 876 van dié voertuie wat in 2009 verkoop is.
Dit is byna drie maal die getal wat die vorige jaar verkoop is, en ver voor die tweede gewildste hibriede motor, die Honda Insight, wat slegs 93 283 eenhede verkoop het.
Verkope van hibriede motors verteenwoordige 10% van nuwe voertuigverkope in Japan, wat enorm is in vergelyking met ander wêreldmarkte, waar hibriede motors steeds ’n relatiewe nisproduk is.
Volgens Green Car Congress, wat gereeld navorsing en verslae oor 'groen' tegnologie bymekaarmaak, verteenwoordig hibriede motors slegs 2.8% van nuwe voertuigverkope in die VSA.
Maar motoreienaars dwarsoor die wêreld mag dalk binnekort begin om meer hibriede motors en selfs in-prop-hibriede-modelle en elektriese motors, wat nog groener as die Prius self is, te koop.
Talle nuwe modelle, soos General Motors se Chevrolet Volt, word in 2010 bekendgestel.
“Die getalle praat vir hulleself,” het Toyota-woordvoerder Paul Nolasco in Tokio gesê. “Die Prius verteenwoordig die ideale pakket vir mense in Japan, in terme van die omgewing en bestuurservaring.”
Die huidige Pruis, die derde generasie sedert die model se bekendstelling in 1997, is die beste hibriede motorverkoper in die wêreld, met ’n totaal van 1,6 miljoen eenhede wat, volgens Toyota, sover verkoop is.
Die nuwe Prius-modelle se brandstofverbruik is beter. Die voertuig kan tot 38 km per liter brandstof onder Japanse staatstoetsstandaarde haal.
’n Hibriede motor, wat heen en weer skakel tussen ’n petrolenjin en ’n elektriese motor, neig om beter brandstofverbruik te hê teen ’n laer spoed en goed te doen onder die stop-en-ry toestande algemeen in Japan se strate.
–Sapa-AP