Toyota, Lexus wil hul hibried-voorsprong behou

2010-07-22 14:59
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad – Toyota se Prius is al sterk gevestig in ons geheue as ’n mens aan ’n hibriedvoertuig moet dink.

Dié Japanse waentjie is wel die vaandeldraer, maar daar is vandag heelwat hibriedvoertuie in Suid- Afrika te kry en nog ’n paar sal binne die volgende jaar hul opwagting hier maak.

Een van die vervaardigers wat ’n hele reeks hibriedvoertuie plaaslik beskikbaar het, is Lexus (RX450h, GS450h en die groot LS600h L).

Veral in die RX-sportnutsreeks kry die hibriedmodelle baie aftrek en omtrent die helfte van die RX’e wat plaaslik verkoop word, is hibriede.

Honda se CR-Z-hibried word binnekort bekend gestel en Porsche se Cayenne-hibried sal voor die einde van die jaar hier wees.

En dan is daar gerugte oor Land Rover en BMW se hibriede wat ook die een of ander tyd kom.

’n Mens moet ook waak teen die “sagte” hibriede wat byvoorbeeld net ’n stop/ry-stelsel gebruik en nie ’n tradisionele hibried in die ware sin van die woord is nie.

Volgens die meeste definisies is ’n regte hibried ’n voertuig wat van twee verskillende kragbronne gebruik maak vir aandrywing.

In beginsel is ’n hibriedvoertuig een waar die tradisionele binnebrandenjin hulp in die vorm van ’n elektriese motor(s) kry en dan wissel die elektriese hulp ook boonop.

Die nuwe Cayenne-hibried kry sowat 35 kW se hulp van die elektriese motor (245 kW van die petrol­enjin), die Prius 60 kW (73 kW van die petrol-enjin) en die Lexusse ’n stewige 147 kW of in die GS450h se geval, 218 kW van die petrol-enjin wat daarby getel kan word.

Lexus sê egter dis nie net ’n kwessie van syfers bymekaar tel nie, maar hoe die twee kragbronne saamwerk vir sinvolle aandrywing en beskou die Lexus se kraglewering eerder as 250 kW in totaal as dit by bruikbaarheid kom.

Toyota en Lexus is vol vertroue dat hulle die groter hibried-aanslag sal kan teenstaan, aangesien die groep al by sy derdegeslag-hibriedvoertuie is. 

- Die Burger

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: toyota  |  lexus  |  motors

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Micra 1.4 Comfort 5-dr
2005
R 79,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.