Swendelaar loop motorhandelaar in

2012-01-28 08:30
Tweets Share Share line Print

Parys – ’n Gesoekte motordief het verlede week met ’n motor van R260 000 by ’n motorhandelaar in dié dorp uitgery nadat hy in die handelaar se kantoor ’n vals internetbetaling gedoen het.

Die 28-jarige dief word oor die land heen gesoek weens meer as tien bedrog- en diefstalklagte van miljoene rande.

“Hy het Vrydag na die motor kom kyk en gesê hy stel belang. Hy het ’n internetbetaling op ons rekenaar gedoen, die bewys aan ons gegee en met die motor uitgery,” het Pieter Strydom van Auto Investments in Vanderbijlpark aan Volksblad gesê.

Strydom het gesê al die regte prosedures is gevolg en niemand het onraad vermoed nie.

Die man het met ’n grys Mazda CX7 (2009) met registrasienommer ZSR 202 GP by Auto Investments op Parys uitgery.

“Die oorbetaling het eg gelyk, met al die nodige bankinligting op,” het Strydom gesê.

Hoewel die bewys van betaling in hul besit was, is geen geld egter toe aan die handelaar oorbetaal nie.

“Die bank het dit Maandagoggend bevestig,” het Strydom gesê

“Hy (die dief) het baie mense van oor die land heen groot skade berokken.

“Van die ouens moes hul ondernemings sluit,” het ’n ingeligte aan Volksblad gesê.

Volgens die bron werk die man alleen.

Hy het gesê die man maak self die “oorbetaling” by die onderneming wat hy bedrieg en alles lyk eg.

Volksblad verneem die swendelaar verkoop glo die gesteelde voertuie in die buiteland.

Strydom het vandeesweek ’n e-pos gekry waarin motorhandelaars landwyd gewaarsku word teen die man en dié slenter.

Die polisie op Parys ondersoek ’n klag van bedrog en diefstal.

Hulle soek na Willem Gerhardus Kok wat hulle moontlik kan help in hul ondersoek.

Mense met inligting oor Kok kan die polisie bel by 056-816-2510 of Strydom by 016-931-1159.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lees meer oor: misdaad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Micra 1.4 Comfort 5-dr
2005
R 79,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.