Superwa op Phakisa getoets

2012-02-03 10:03
Tweets Share Share line Print

Die BTR7 se V8-enjin van 7 liter sorg dat 300 km/h in ’n japtrap gehaal word. Foto: Verskaf

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Bloemfontein – Die Vrystaat se eie supermotor laat rieme neerlê soos ’n jagluiperd en sal binnekort produksiegereed wees.

Die Barnard BTR7 het sy eerste toetssessie op die Phakisa-renbaan naby Welkom agter die blad en alles dui daarop dat dié Le Mans-tipe sportwa met sy oog op internasionale baanrenne nog ’n hele paar harte gaan laat bokspring.

Die Barnard BTR7 (“Barnard Track Racing” met die 7 wat na perdekrag verwys) is gemik op Noord-Amerikaanse en Europese kopers wat na grenslose pret op renbane soek. En rengereed sal die BTR7 sy voornemende eienaar ongeveer R1,97 miljoen uit die sak jaag.

Boonop is die vuurwa só ontwerp deur die Bloemfonteiner, Chris Barnard, dat dit meer as ’n robuuste skrobering sal kan deurstaan. Daar is ook geen tierlantyntjies aan dié vuurvreter nie.

Onder die eniinkap, wat reg agter die twee voorste sitplekke geleë is soos dit ’n ware supermotor betaam, is ’n V8-enjin van 7 liter, wat ’n allemintige 524 kW uitskop. Dit is genoeg om die BTR7 in ’n japtrap tot meer as 300 km/h aan te vuur en hy het minder as vier sekondes nodig om by 100 km/h uit te kom.

Die enjin is gegrond op die Chevrolet LS7-V8-enjin.

Maar met sy sportmotor-onderstel en vering is dit nie reguitlynspoed wat die belangrikste is nie, maar hantering en om vinnig deur draaie te blits. Wat natuurlik ook help, is die agterbande wat 40 cm wyd is. Hulle moet foutloos kan vastrap, aangesien daar geen fieterjasies soos elektroniese stabiliteitsbeheer is nie.

En die manne wat iets van resiesjaag af weet, sal gerus gestel wees deur die Brembo-remme, Bilstein- of Penske-skokbrekers vir die verstelbare vering en ’n handratkas met ses gange van Tremec.

Daar is darem lugversorging en kragstuur.

Die buisraambakwerk is van duursame Sweedse metaal gemaak en die sitplekke van koolstofvesel.

Die eerste prototipe, die Barnard 101, is drie jaar gelede bekend gestel en daar word selfs gekyk na nog kragtiger weergawes met superaangejaagde V8- enjins.

Die bekende Suid-Afrikaanse renjaer, wat ook al suksesse in die buiteland gehad het, Grant van Schalkwyk, sal die finale baanontwikkeling en opstelling van die BTR7 behartig.

Gaan loer gerus ook by www.barnardb7.com vir meer inligting oor die Vrystaatse superblits.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Volksblad

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 7-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

NISSAN

Micra 1.4 Comfort 5-dr
2005
R 79,995.00

TOYOTA

Quantum 2.7 14-s Bus
2007
R 225,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.