Studie: Vroue wat flankeer kry beste motorpryse
2012-07-30 23:22
Die volgende keer wat jy op die uitkyk is vir ‘n winskopie meneer, sal dit dalk beter wees om jou vrou die praatwerk te laat doen.
‘n Studie het gevind dat vroue wat flankeer terwyl hulle oor die prys van ‘n motor onderhandel ‘n merkwaardige afslag kan kry.
Nietemin, soos mens sou verwag, werk dié strategie slegs as die verkoper ‘n man is.
Navorsers in Amerika en Brittanje het ‘n reeks eksperimente uitgevoer rakende die meriete, en nadele, van vrouens se sjarme.
Dit is gedefinieer as ‘n kombinasie van warmte en vriendelikheid, spelerigheid, vleitaal en hoe sexy sy is.
In een eksperiment is sowat 100 mans en vroue gesê om hulself te verbeel hulle verkoop ‘n motor van £750 (R9 600). Hulle is daarna van besonderhede voorsien van ‘n moontlike vroulike koper.
Die helfte van die deelnemers het ‘n beskrywing gekry van ‘n vrou wat gedurende die onderhandelingsproses flankeer. Haar taktieke sluit in om die verkoper op en af te kyk, vorentoe te leun, die verkoper te vlei en uiteindelik oog te knip wanneer sy vra vir sy of haar beste prys.
Die ander helfte het ‘n beskrywing ontvang van ‘n transaksie wat baie meer soos ‘n saketransaksie geklink het.
Die resultate het getoon dat die “kopers” wat flankeer baie beter pryse gekry het, maar slegs van manlike verkopers af.
– Lees meer by die Daily Mail
– Volg Nuus24 op Twitter