Swaarder boetes kan padsterftes verminder
2011-06-06 09:51
Spanje – Deur swaarder boetes vir padoortredings op te lê kan padsterftes en beserings verminder word, het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) bevind.
Die studie, wat in Spanje gedoen is, het bevind dat om spoed, nalatige- en dronkbestuur as ernstige kriminele oortredings te klassifiseer ‘n groot impak op jong manlike bestuurders en veral motorfietsryers het.
Die vrees van tronkstraf en ‘n moontlike kriminele rekord het as ‘n afskrikmiddel gedien, het die WGO gesê.
Nadat die Spaanse regering dié nuwe wet in 2007 ingestel het, het ernstige padbeserings onder manlike bestuurders met 14% afgeneem, het navorsers gevind. Daar was geen verandering in die syfer vir vroulike bestuurders nie.
Die risiko van ernstige of dodelike beserings by manlike motorfietsryers op plattelandse paaie het met 30% afgeneem.
- Iol.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP