Stomende sessie lei amper tot paartjie se dood
2011-09-06 11:13
China – ‘n Chinese paartjie wat intiem in 'n motor verkeer het, het 'n noue ontkoming gehad nadat hulle motor deur 'n versperring geloop het en amper 18 m ver geval het.
Die London Daily Mail berig die paartjie het ‘n stomende sessie in hulle motor bo-op die dak van ‘n parkeergebou gehad. Hulle het die motor se enjin aangehou omdat hulle die lugverkoeling wou aanskakel.
Qiao Hou het per ongeluk die motor agteruit laat beweeg, waarna dit deur ‘n versperring gebreek het. Die motor het nie heeltemal oor die rand van die dak geloop nie, maar het tot stilstand gekom toe die voorste gedeelte van die motor op die rand gebalanseer het.
Omstanders het Hou se vriendin, Lili Tang, se hulpkrete gehoor, en hulle uit die motor gehelp.
Volgens ‘n ooggetuie was die paartjie erg verleë, maar baie bly om ongedeerd daarvan af te kom.
‘n Man wat onder in die straat gestaan het was egter nie so gelukkig nie – hy is in 'n hospitaal opgeneem ná 'n deel van die versperring op sy voete geval het.
– Wheels24.
– Volg Nuus24 op Twitter.