Stelsel bietjie omslagtig maar dit werk

2009-11-06 08:23
Tweets Share Share line Print

 MARNUS HATTINGH

Die gewildheid van die Discovery het To­yota genoop om ook te kyk wat dié Britse knaap dan alles doen wat hom so ’n gunsteling onder die dikbeursie-4x4-klante maak.

Wel, die een antwoord was die Disco se gebruikersvriendelike 4x4-stelsel. Deesdae is só baie elektroniese hulpmiddels onder ’n veldvoertuig se enjinkap ingebou dat dit nogal kopkrap kan kos om – voordat jy teen ’n sandduin uitry – te moet uitwerk wat aan- en wat afgeskakel moet word.

Die Disco se antwoord was sy sogenaamde TerrainSelect-stelsel, ’n gewone draaiknop langs die rathefboom waarmee jy een van vyf voorafgekose padtoestande kan kies. Vir genoemde sandduin kies jy dus “sand,” en presto! daar is jou Discovery al klaar in laestrek met ’n ewenaarslot gesluit en ’n petrolpedaal wat baie speling toelaat voordat hy reageer.
Die nuwe Prado het ’n soortgelyke stelsel, maar Toyota noem dit net Multi Terrain Select. Maar synde ’n Japanse stelsel, moet dit omslagtig, besig en “te ver” ontwerp wees.

Sien, met die Disco se stelsel kies jy jou padtoestand deur net een stap uit te voer: Jy draai die knop van “rotse” na “sand”. Zap. Maar met die Prado moet jy eers die regte venstertjie op jou instrumentpaneel aktiveer. Dan kies jy die opsie om die stelsel te gebruik. Dan sê jy ja, ek wil die stelsel gebruik. Eers dan kan jy (met ’n ander skakelaar) wissel tussen “rotse” en “sand”.

Goed, dat die stelsel dus hopeloos te omslagtig is om te vinnig te gebruik, is ’n gegewe. Maar as jou Prado eers in die regte modus is, laat wiel hy. Die voertuig is ’n gedugte veldryer met sy lae­strek-ratverhoudings, sy kragverspreiding tussen die wiele, en sy twee ewenaarslotte (in die middel en op die agteras).

Selfs vir ’n groot, swaar voertuig kan hy lekker teen ’n klipperige bult uitklouter. Sy grondvryhoogte van 220?mm is ook heel gaaf, dankie.

Hierbenewens spog die luukse VX-modelle met drie veringverstellings, naamlik Normaal, Gemaklik en Sport (die skokbrekers se fermheid word telkens aangepas).

Iets wat jy wel in gedagte kan hou, is dat die MTS-stelsel net vier opsies het, naamlik modder en sand, klippe, los klippe, en ’n sogenaamde mogul. Toyota het self eers kopgekrap wat “mogul” nou eintlik is, maar toe besluit op ongelyke terrein.
Daar het jy dit nou.

- Die Burger

Lees meer oor: toyota

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

REFUNDS CLERK

Cape Town: Northern Suburbs
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Business Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

ACCOUNTS CLERK

Cape Town, South Africa
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.