Sportster 'vergeet' sy Porsche vir vyf maande
2011-02-18 13:39
Kaapstad - Die Engelse sokkerspeler Jermaine Pennant het sy Porsche vir vyf maande by 'n treinstasie vergeet omdat hy haastig na Brittanje op pad was.
Pennant, wat sy motor by 'n Spaanse treinstasie gelos het, het eers gesê dit is nie sy motor nie maar daarna die waarheid gepraat, het Drive.com berig.
Volgens hom het hy die motor by die stasie gelos omdat hy na Brittanje moes gaan om sy kontrak met sy nuwe klub, Stoke, te teken. Hy het glo nie tyd gehad om dit op 'n ander plek te gaan los nie.
Pennant se Porsche is tans in die mark omdat hy vir hom 'n nuwe Ferrari gekoop het.
- Volg Nuus24 op Twitter.