Sportkonsep wys pad vir Lexus aan

2012-01-19 14:01
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Een vervaardiger wat wel die oog op die Detroit-motorskou in dié Amerikaanse stad gevang het, is Lexus met sy beeldskone hibried-2+2-sportkoepee.

Dié juweel heet die LF-LC-konsepmotor, wat die ont­werprigting vir Lexus aandui en die eienskappe van ’n bestuurder-georiënteerde voertuig beklemtoon.

“Ons is in die middel van die grootste verandering in Lexus se geskiedenis – iets wat deur ’n nuwegenerasie- kenmerkende ontwerpe gedryf word,” het Karl Schlicht, hoofbestuurder van die Lexus-produk-en-bemarkingsbeplanningsafdeling, gesê.

“Die nuwe GS vergestalt dit met sy uitgesnyde spitsrooster as ons simbool van verandering. En nou volg die volgende hoofstuk met die koepee-ontwerpkonsep wat in Detroit onthul is. Hierdie 2+2-konsephibriedsportmotor met sy treffende voorkoms ontbloot van die ontwerp-elemente wat die volgende 24 maande in ’n vloed nuwe Lexus-modelle sal volg.”



Die maatskappy se Calty-ontwerpateljee in Newport Beach in Kalifornië wat deur die Lexus-sentrum in Japan gedaag is om ’n toekomstige hibried-sportkoepee-konsepmodel te ontwerp, was daarop uit om die herdefinisie van Lexus met emosionele, avantgarde skoonheid en gevorderde tegnologie te bevorder, maar hom tog binne die bereik van vooraanstaande kopers te plaas.

Die LF-LC vertoon die nuwe Lexus-ontwerp in sy sterk vertolking van die kenmerkende Lexus-spitsrooster en agteraansig.

Sy daglig-ryligte is soos ’n “L” gevorm, terwyl die vertikale misligte ’n verdowwende-matriks-patroon het wat ’n gevoel van beweging skep.

Die sy-aansig van die LF-LC sorg vir ’n kragtige en dinamiese silhoeët, wat ongetwyfeld dié van ’n ernstige bestuurdersmotor is.

Die konsepmotor se glasdak pronk met ’n liggewig-wegvoupilaar met ’n glas-tot-glas-voeg wat aan moderne argitektuur herinner, meen Lexus.

Onverwagte elemente sluit in ’n opskopvenster en gepoleerde-aluminium-afwerking. In die geheel verbeter die dak se koepelontwerp die bestuurder se uitsig, terwyl dit ook ’n bydrae tot die motor se slanke lyne lewer.

Die stertligte, wat lyk na die nabranders van ’n straler wat opstyg, gebruik binnebeligting om ’n merkbare gevoel van diepte te bewerkstellig.



Visueel word die “L”-vorm in die geïntegreerde stert- en misligte herhaal en dit lei mens se oog ondertoe na die kragtige, viervoudige Lexus-uitlaatpype.

Die binneruim van die LF-LC-konsepvoertuig staan in skrille kontras daarmee; met die koel gevoel van gevorderde tegnologie, sagte teksture en organiese vorms wat ’n bestuurder-gefokusde sinergie tussen vorm en werking skep. Die kajuit straal ’n gevoel van oopheid sowel as veiligheid uit, glo Lexus. Die bestuurder word omhul deur diep, gevormde panele en ’n hoë, kontoer-konsole.

Die uitwerking is om die bestuurder se aandag op die kontroles en die pad te fokus.

Twee loodkristalskerms van 31,2 cm vertoon ’n verskeidenheid inligting. Insette kom van ’n raakskerm-kontrolebord in die “vloeiende” middelkonsole. Dié vertoonskerm, wat gebruik word om die klankstelsel, klimaatbeheer en navigasie te beheer, het ’n opwip-raakskermsleutelbord wat vir moeiliker inskrywings gebruik kan word.

Soortgelyke raakskerms by elke deur word gebruik om die vensters te beheer, die sitplekke en spieëls te verstel en persoonlike vermaakverstellings te beheer.

Volg Nuus24 op Twitter
 

- Beeld

Lees meer oor: lexus  |  motors

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.