Spoedvraat-boer vas ná hy met trekker jaag
2011-05-23 12:02
Londen - 'n Boer is beboet en beveel om padveiligheidsklasse by te woon ná hy vasgetrek is toe hy oor die spoedgrens gery het – met sy trekker.
Clive Langford-Mycock moet 'n boete van £90 (sowat R1 000) betaal ná hy teen 61 km/uur op 'n pad in Leek, Staffordshire gery het.
Langford-Mycock, 53, was besig om sy gewone take op en om sy plaas te verrig toe 'n spoedkamera hom afgeneem het.
"Mense kla gewoonlik my trekker is te stadig – nie andersom nie," het hy gesê.
"Nou is ek skielik vas en ek's 'n misdadiger."
Langford-Mycock het in sy JCB Fastrac – met 'n topspoed van 80 km/uur – gery toe hy vasgetrek is. Hy sal op die 25ste Junie 'n padveiligheidskursus voltooi.
- Lees hier meer.
- Volg Nuus24 op Twitter.