Só voorkom jy motordiefstal
2011-09-02 13:31
Kaapstad – Ongeveer 90 000 voertuie word jaarliks gesteel of gekaap, het Sakelui Teen Misdaad SA (Bacsa) bekend gemaak.
Slegs 43% van dié motors word egter teruggevind, berig iol.
Jy kan egter die risiko dat diewe of kapers jou motor steel verminder.
Dawie Buys van die Suid-Afrikaanse versekeraarsvereniging sê baie nuwe motors het reeds sekerheidsfunksies wat by die motor geïnstalleer is.
Gary Ronald van die AA sê motoriste loop altyd die risiko dat hul motors gesteel kan word.
“Probeer om altyd op ‘n publieke plek te parkeer. Moenie waardevolle besittings soos sonbrille of selfone op plekke in die motor los waar diewe dit maklik kan raaksien nie.”
Motoreienaars wie se motors gesteel word moet dit onmiddellik by die polisie aanmeld en so veel as moontlik inligting verskaf.
– Kliek hier om die volledige storie te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter.