Só lyk F1-jaers se mooi nooiens
2010-11-24 12:54
Kaapstad - Hulle is van die fiksste mans daar buite, en as dit kom by die aandag trek van die skoner geslag, weet Formule-1 renjaers watter pedale om te trap.
F1-renjaers is topfiks - dit kan niemand betwis nie. Hulle maak ook sakke vol geld. Hul pryk op tydskrifvoorblaaie, advertensieborde en hopelik - as hulle hul draaie gery kry - selfs soms op die podium.
En as 'n mens kyk na ouens soos Lewis Hamilton, Ralf Schumacher en Kimi Raikkonen, en die nooiens wat hulle aan hul sy het, is die manne op 'n eenrigtingpad na die lekker lewe. Dis modelle, aktrises, sangeresse... dames van glans.
Vir 'n lys van 10 gewilde F1-renjaers en hul dames, besoek topcar.co.za
Hier is Schumacher en sy meisie, Cora-Caroline Brinkman:

En dan Lewis Hamilton met sy pragtige Nicole Scherzinger:
