Só hoes jy vir nuwe groen taks

2010-09-01 06:56
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Mense gaan nou aansienlik meer betaal vir nuwe motors.

Die nuwe “groen” belasting, wat gehef word op nuwe passasiersvoertuie wat meer as 120 g koolstofdioksied (CO2) per kilometer vrystel, tree vandag in werking.

Vir elke ekstra gram CO2/km styg die motor se prys met R85,50 (R75 plus BTW).

Volgens die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) gaan dit ’n gemiddelde prysstyging van 2,5% teweegbring.

Die nasionale tesourie het in ’n verklaring gesê omgewingsbelasting is op die “besoedelaar-betaal-beginsel” gegrond en moet verbruikersgedrag verander. Die tesourie en die bedryf gaan handelaars dus aanmoedig om die CO2-belasting apart op fakture aan te dui, lui die verklaring.

Dit is nog onduidelik of verbruikers die volle bedrag gaan opdok en of motorvervaardigers of handelaars ’n deel daarvan gaan absorbeer.

“Die belasting gaan aan die verbruiker oorgedra word,” het Gary Ronald, woordvoerder van die Automobiel-Asso­siasie (AA), gister gesê.

Leo Kok, woordvoerder van Toyota Suid-Afrika, het gesê dié vervaardiger kyk tans na maniere waarop die las op die verbruiker verminder kan word.

Toyota wil veral in gevalle waar mense meer omgewingsvriendelike motors koop ’n deel van die belasting probeer absorbeer.

Guy Kilfoil, hoofbestuurder van kommunikasie by BMW Suid-Afrika, het vroeër aan Sake24 gesê vervaardigers kan weens die mededingende aard van die mark nie die volle belasting in verhoogde verkooppryse aan die verbruiker deurgee nie omdat vervaardigers hulself “uit die mark sal prys”.

Volgens Kok is Suid-Afrika se brandstof nog nie skoon genoeg om in motors te gebruik wat uiters omgewingsvriendelik is nie.

Die enjins van dié motors kan nie met die swaelinhoud in ons brandstof optimaal funksioneer nie, het hy verduidelik.

Dit is moeilik om nou al te sê wat die uitwerking van die belasting gaan wees, het Ronald gesê.

Volgens hom mag dit dalk ’n uitwerking hê op die soort voertuie wat mense gaan koop omdat hulle nie noodwendig dit sal kan bekostig wat hulle wou hê nie.

    * CO2-belasting op dubbelkajuitvoertuie word eers van Maart volgende jaar gehef om vervaardigers en invoerders tyd te gee om die CO2-vrystelling daarvan te bepaal. 

Volg Nuus24 op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: besoedeling  |  omgewingsake

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.