'Slegs 5% het e-skyfie vir tol op pad'

2012-01-13 06:52
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Die betreklik lae registrasiekoers van elektroniese skyfies (e-skyfies) vir Gauteng se nuwe tolhoofweë is ’n aanduiding dat motoriste dit boikot om hul misnoeë met die tolstelsel te kenne te gee, meen die DA.

Die Suid-Afrikaanse ­Nasionale Padagentskap (Sanral) het vandeesweek gesê 212 906 rekeninge is teen Dinsdag geregistreer.

Sanral het vroeër gesê sowat 2 miljoen skyfies behoort teen Februarie geregistreer te wees.

Dr. Neil Campbell, DA-woordvoerder oor paaie en vervoer in Gauteng, het gesê hoewel dit na ’n groot getal klink, moet dit binne die raamwerk van die getal voertuie op die land se paaie gesien word.

“Daar is sowat 10 miljoen voertuie op Suid-Afrika se paaie en omtrent 40%, of 4 miljoen, daarvan is in Gauteng geregistreer.

Dit beteken minder as 5% van voertuie in dié provinsie is vir e-skyfies geregistreer en die meeste padgebruikers boikot die registrasieproses.”

Dis ’n oorwinning vir die DA en ander organisasies wat motoriste aangeraai het om nie e-skyfies te koop nie, het hy gesê.

Patrick Craven, woordvoerder van Cosatu, het gesê dit is verblydend dat motoriste hul oproep om nie e-skyfies te koop nie ter harte geneem het.

“Ons gaan voort met ons veldtog teen die tolpaaie en ons doen weer eens ’n beroep op motoriste om nie vir e-skyfies te registreer nie en ook nie die rekeninge wat aan hulle gepos gaan word te betaal nie.”

Dit is tyd dat die regering na mense luister en die tolheffings op die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek (GFIP) te skrap, het Craven gesê.

“As motoriste die registrasie en betaling boikot, sal die tariefinsameling onmoontlik wees.”

Logan Maistry, woordvoerder van die departement van vervoer, het gesê S’bu Ndebele, die minister, het gister met die nuwe direksie van Sanral vergader.

“Die direksie is besig om ’n aantal sake, waaronder die petisie wat aan die Gautengse petisiekomitee voorgelê is, te ondersoek en te bespreek.

Die raad sal sy voorstelle aan die minister voorlê.”

Die GFIP-finansieringsmodel is ’n prioriteit wat die direksie moet oplos. Die direksie sal sy voorstelle na verwagting binnekort bekend maak.

40% van die voertuie op Suid-Afrika se paaie is in Gauteng geregistreer. 

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lees meer oor: gauteng  |  tolpaaie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
7 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Administrator

Philippi, Cape Town, South Africa
Cordaid Urban Matters
Market Related

Junior .Net Developer

JHB - Central
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Java Developer

JHB - Northern Suburbs
Communicate Bruma IT Delivery
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.