Slaap rustig met dié voertuigsekerheid
2010-11-15 10:25
Kaapstad - ’n Mens wil nie in ’n obskure kampeerterrein in Zambië van ’n paspoort en ’n rolletjie dollars bevry word nie. Daai goed moet so veilig gebêre word soos dit moontlik kan.
Dis ongelukkig waar dat die gevaar om beroof te word wesenlik is. Gaan kyk maar op 4x4-internetforums hoeveel arme siele al in plekke soos Maun, Xai-Xai en Lusaka ’n selfoon moes leen vir ’n benoude oproep ambassade toe…
Maar moet ’seblief nou nie jou melk wegskrik en die res van jou lewe in ’n munisipale karavaanpark gaan vakansie hou nie. Dis waarskynlik nóg gevaarliker …Trouens, as jy jou voertuig deeglik beveilig, het jy nie veel waarvoor jy bang hoef te wees nie.
WegRy kyk onder andere na die SPT sluitbare stroppe. Dit lyk soos ’n gewone vastrekstrop waarmee jy tente en stoele en kratte vasmaak, maar buiten dat dit ’n slot het, is die materiaal versterk met twee kabels van vlekvrye staal.

Dan is daar ook die draagbare Yale-reiskluis, 'n byna onbreekbare plastiekboksie waarin die waardevolle items gebêre word, met ’n staalkabel-lus aan die bokant waarmee dit om iets soos ’n sitplek se been vasmaak.
Kliek hier om meer te lees.