Skoner, stiller en laer CO2

2010-02-25 11:58
Tweets Share Share line Print

Marnus Hattingh

Johannesburg - Merc se nuwegeslag- viersilinder-diesels vervang die bestaande dieselenjin-aanslag in sy C-klas- en E-klas-vloot.

Dis goeie nuus, want met dié gawe kragbron gaan jy nie net makliker kan rondry nie, maar ook ’n gawer ervaring met jou beursie hê.

Nie net is die enjin lig op brandstof nie, sy CO2-syfer is ook besonder laag (153g/km).

Onthou, met die nuwe belastingwetgewing wat in September in werking tree, is die eerste 120g/km vrygestel, waarna jy R75 per g/km moet opdok.
 
Nog ’n aspek wat goeie nuus is, is dat die C220 CDI en die E250 CDI (soos die nuwe enjinweergawes gedoop is) ook die nomenklatuur “Blue Efficiency” agteraan het.

Blue Efficiency is natuurlik Merc se weergawe van wat BMW Efficient Dynamics noem, en dis maar eintlik net ’n versamelnaam van ’n groep tegnologieë waarmee brandstof bespaar en skoner lug uitgepomp word.

In dié twee oliebranders se geval het Merc byvoorbeeld die voorruit dunner (en dus ligter) gemaak.

’n Ander strategie is dat die ratkas altyd in Comfort verstel is as jy die motor aanskakel, wat sy mees ekonomiese verstelling is.
 
Die outomatiese ratkas glip ook vanself na neutraal as jy stilhou en jou voet op die rem sit.

Gepraat van die ratkas, dis ongelukkig Merc se ougeslag- vyfgang-’kas. Die vervaardiger sê dis veel goedkoper só en dat dit steeds heel goed diens doen, dankie.

Merc is reg. Die vyfgang-’kas pla nie te veel nie. Op ’n reguit, plat en oop stuk snelweg het die mooie C- en E-klasse gemaklik versnel, en sommer gou in vyfde beland.

Van daar raak jy net aan die pedaal om jou teen 120km/h te hou, en dan kyk jy hoe jou verbruik daal: 6,3; 6,1; 5,8 …

’n Ander kenmerk van die bi-turbo-diesel is hoe sag hy werk. Merc het balanseerstawe ingevoeg om vibrasies te verminder, maar sy nuwe 2.1 liter gebruik ook hoëdruk-drukbuisinspuiting en piezo-inspuiters om die ontbrandingsproses van die diesel te optimaliseer.

Terloops, die inspuiters kan selfs hul werk in vyf fases doen met elke enjinslag (’n klein sproei of twee vooraf, ’n hoofsproei en weer ’n klein sproei). Dit help met beter ontbranding, skoner uitlaatgasse en ’n stiller enjin.

Dit was nooit nodig om die groot Mercs na ’n laer rat af te druk nie. Selfs teen onder 2 000r/min. is die kragbron nog woelig.

Sit die verstelling net in Sport, en hy sal roer sodra jy met jou toon roer.

As ’n praktiese ryding het Merc ’n wenner hier beet. Suinige verbruik, skoon gasse en ’n sagte rit is alles dinge wat kopers al hoe meer verlang.

Boonop is die enjin robuus genoeg, sê Merc, dat hy nie noodwendig nét die skaarser en skoner 50ppm diesel nodig het nie.
 
Jy kan hom met 500ppm diesel ook gemaklik laat ry.

Vir gefrustreerde dieseleienaars van sensitiewe dieselenjins sal dit soos swart oliegoud wees. 

- Beeld

Lees meer oor: motors  |  mercedes

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-29°C Isolated tstorms. Mostly cloudy. Warm.
Jhb: 16-27°C Passing showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 21-30°C Strong thunderstorms. More sun than clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Light rain. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-25°C More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MERCEDES

C200 Elegance
2002
R 131,579.00

TOYOTA

Corolla 1.6 Professional MY09
2009
R 139,950.00

DODGE

Caliber 2.0 SXT 5-dr MY10
2011
R 229,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.