Seun vas vir dronkbestuur ná rit op grassnyer

2011-07-08 12:20
Tweets Share Share line Print

Brittanje – ‘n Britse tiener is verbied om te bestuur nadat hy onder die invloed van alkohol agter die stuur van sy pa se grassnyer ingeklim het.

Joel Maunder (18) het in Junie sy pa se grassnyer, wat teen 25 km/h kan ry, by sy ouerhuis in die suide van Wallis geneem om sy vriende te besoek.

Hy het egter minder as 2 km ver gery toe hy deur die polisie van die pad afgetrek is. Sy bloedalkoholvlak was twee keer meer as die wettige perk.

Maunder, wat tans in sy finale jaar op skool is, is aanvanklik daarvan aangekla dat hy in die besit van ‘n meganies aangedrewe voertuig was terwyl hy onder die invloed van alkohol was.

Staatsaanklaers het egter aangevoer dat hy van dronkbestuur aangekla moet word omdat die grassnyer waarmee hy gery het 'n brandstof-enjin het.

Maunder is verlede week deur die hof verbied om vir 17 maande te bestuur en moet ‘n boete van £100 (sowat R1100) betaal.

Die landdros het gesê sy vonnis kan met vier maande verminder word indien hy ‘n bestuurskursus in ‘n motor voltooi. 
 
Daily Mail.

– Volg Nuus24 op Twitter.

Lees meer oor: hof  |  dronkbestuur

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

PPC Campaign Manager

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Client Service Director

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R35000 - R45000

Technical Officer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R90 - R120

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.