Schumacher se straf erg omstrede

2010-05-20 13:10
Tweets Share Share line Print

Sondag se wenner, Mark Webber, in aksie op die unieke straat-renbaan. Foto: Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Dit het nie lank geneem – die sesde wedren in sy terugkeerseisoen van 19 – vir Michael Schumacher om in ’n omstrede voorval betrokke te raak nie.

Ironies genoeg is die jongste nie net op so te sê dieselfde plek as sy vorige nie – 2006, Monte Carlo, Rascasse-draai – maar het sy optrede ook dieselfde jaer, Fernando Alonso, beïnvloed.

Die 2006-voorval het tydens kwalifisering gebeur en Schumacher is – ná ure se beraadslaging deur die opsieners – as straf tot heel agter op die rooster teruggestuur. Alonso het die voorste wegspringplek geërf en die volgende dag die wedren gewen, terwyl Michael tot vyfde gevorder het.

Sondag s’n was in die laaste draai van die ren (sowat 100 m ná Rascasse) en die opsieners het – ná ure van beraadslaging – 20 sekondes by sy rentyd gevoeg, wat hom tot 12de en buite die punte laat terugsak het.

Alonso, wat heel agter weggespring het, het sy sesde plek teruggekry.

Maar niemand kan Schumacher se optrede Sondag oor dieselfde kam skeer as die ander omstrede voorvalle waarby hy tydens sy lang, “vorige” loopbaan betrokke was nie, soos Adelaide ’94, Jerez ’97 en die bogenoemde Rascasse-parkeerskandaal.

Eerstens was daar klaarblyklik geen kwaadwilligheid betrokke nie en tweedens het hy vooraf by sy span toestemming gekry om op Alonso toe te slaan sou die geleentheid hom voordoen.

Presies wat het gebeur?

Ná Jarno Trulli in die 72ste rondte uit 78 in Rascasse teen die groentjie Karun Chandhok gebots en die twee wrakke byna die hele baan versper het, is die veiligheidsmotor vir die vierde keer in die ren ontplooi. Kort voor die einde van die laaste rondte het die veiligheidsmotor by die kuipe ingetrek en in die laaste draai, ná die kuipe-ingang, het Schumacher Alonso verbygesteek om die sesde plek in te neem.

Ferrari het by die opsieners hieroor protes aangeteken. Hy was van mening die maneuver is ontoelaatbaar aangesien die veiligheidsperiode tot die geruite vlag gegeld het. Die opsieners, onder wie Michael se oud-aarts­vyand Damon Hill, het Ferrari gelyk gegee en Michael met ’n deurrystraf gepenaliseer, maar omdat die oortreding tydens die laaste vyf rondtes gepleeg is, is dit omgeskakel na die 20 sekondes-straf.

Mercedes GP het egter gereken die veiligheidsperiode het geëindig toe die veiligheidsmotor by die kuipe ingetrek het en dat jaers geregtig was om die ren te hervat. Dit was ook sy advies aan Schumacher en spanmaat Nico Rosberg.

Eerstens, het spanbaas Ross Brawn gesê, is die ligte op die dak van die veiligheidsmotor halfpad deur die laaste rondte uitgedoof en terselfdertyd het renbeheer die boodskap op spanne se rekenaarskerms geflits dat die veiligheidsmotor op dié rondte gaan intrek en dat die baan skoon is.

Dit is die normale prosedure aan die einde van ’n veiligheidsperiode wanneer ’n obstruksie verwyder is en jaers die wedren mag hervat nadat hulle die eerste veiligheidsmotorstreep (net voor die kuipe-ingang) oorgesteek het.

Boonop het die baanwaarskuwingsligte van Rascasse af van geel na groen verander en het baanbeamptes groen vlae geswaai – nog tekens dat dit veilig is om die wedren te hervat.

Hoe is dit dan moontlik dat dieselfde reël twee sulke uiteenlopende vertolkings kan hê?

Hier is hy, soos hy in Engels in Formule Een se sportregulasies verskyn: Art. 40.13: “If the race ends whilst the safety car is deployed it will enter the pitlane at the end of the last lap and the cars will take the chequered flag as normal with­out overtaking.”

Die dubbelsinnigheid lê in die frase “if the race ends”. Die ren eindig wanneer die geruite vlag swaai en as die veiligheidsmotor by die kuipe intrek, dus voordat hy die geruite vlag ontvang, kan geredeneer word die ren het nog nie geëindig nie. Die verwarring is verder aangeblaas deur die teenstrydigheid tussen die groen vlae en die laaste deel van die regulasie.

Dit lyk of die FIA self heelwat blaam moet dra vir die situasie, nie net weens die dubbelsinnigheid van die betrokke regulasie nie, maar ook die teenstrydige seine wat uitgestuur is.

Die bedoeling van dié regulasie is duidelik om te voorkom dat die veiligheidsmotor saam met die geruite vlag op beeldmateriaal en in foto’s gewys word (dit skep nie die regte beeld nie!), maar dan moet die bewoording gewysig word tot iets soos: “If the safety car starts the final lap?…”, of renbeheer moet beamptes opdrag gee om steeds die geel vlag te wys, soos verlede jaar in Australië die geval was toe die wedren in ’n veiligheidsperiode geëindig het.

Dit klink dalk alles baie pedanties, maar hierdie soort onnodige omstredenheid is iets waarsonder F1 beslis kan klaarkom.

En Michael Schumacher ook. 

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 9-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Morning clouds. Mild. PE: 16-24°C High level clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C++ Developer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Web Designer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R15000

Financial Manager - CA

Kempton Park, South Africa
Kencorp
R600000 - R750000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.