SA padgebruikers soek beter wetstoepassing
2011-12-20 22:55
Johannesburg – Suid-Afrikaners sê beter wetstoepassing eerder as die vermindering van die spoedgrens is beter om padsterftes te verminder, toon 'n studie deur TNS Research Surveys.
"Terwyl 71% volwassenes voel dat die vermindering van die spoedgrens die beste manier sal wees om padsterftes te verminder, het 81% gevoel beter wetstoepassing sal die geskikte oplossing wees," het Neil Higgs, TNS-direkteur, Dinsdag gesê.
Die studie is teen einde Oktober en vroeg November vanjaar onder 2 000 stedelike volwassenes gedoen.
Higgs het gesê daar was geen merkbare verskille in geslag, ouderdomsgroep of inkomste nie, maar sommige verskille in die gebiede.
"Terwyl die behoefte vir beter wetstoepassing oor die algemeen groter is in sekere gebiede, is dit minder aan die Oosrand en in Pretoria, maar hoër is Soweto en in al die kusstede."
"Die feit dat albei vlakke van reaksie so hoog is, dui dit daarop dat dit vir meeste mense 'n ernstige probleem is," het Higgs gesê.
– Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA