Regering onttrek omstrede bandeplan

2012-01-26 07:01
Tweets Share Share line Print

Kaapstad. - Die regering se plan met afvalbande, Redisa, het Woensdag pap wiele gekry toe die departement van omgewingsake besluit het om die omstrede plan vir eers te onttrek.

Collins Chabane, waarnemende minister van omgewingsake en waterwese, het Woensdag in die Staatskoerant afgekondig die departement het sy goedkeuring van die Redisa-plan met onmiddellike effek gekanselleer.

Die Burger het Woensdag berig oor dié omstrede plan wat by die agterdeur ingeglip en die groen lig ontvang het sonder dat die Suid-Afrikaanse bandebedryf in die saak geken is.

Redisa, ’n onafhanklike Artikel 21-maatskappy, sou van 1 Februarie af volle verantwoordelikheid vir alle afvalbande in Suid-Afrika neem.

Dit is ’n onderneming wat tot R630 miljoen per jaar werd is en sou gefinansier word deur ’n heffing vanaf 1 Februarie van R2,30/kg op alle nuwe bande wat verkoop word.

Tot 85% van die bandebedryf steun daarteenoor ’n herwinningsplan wat die South African Tyre Recycling Process Company (SATRC) namens die bedryf ontwikkel het.

Die bedryf het die SATRC 12 jaar gelede gestig op versoek van die regering wat ’n bandherwinningsprojek wou ontwikkel aangesien tot 11 miljoen afvalbande jaarliks in Suid-Afrika onwettig gestort word.

Die regering het dié plan egter verlede jaar op omstrede wyse verwerp ten gunste van Redisa.

Albi Modise, departementele woordvoerder, het Woensdag erken die Redisa-goedkeuring is gekanselleer omdat nie alle prosedures gevolg is nie.

“Ons weet nie hoe dit gebeur het dat daar nie konsultasie met die bedryf was nie, maar toe ons die fout agterkom, het ons vinnig beweeg om dit reg te stel.”

Modise sê die afkondiging in die Staatskoerant gee nou aan alle partye die geleentheid om hul eie herwinningsplanne weer voor te lê.

Hermann Erdmann, uitvoerende hoof van Redisa, het Woensdagaand gesê hy beskou die departement se besluit as ’n “tyde­like terugslag”.

“Met die plan, soos hy staan, is niks fout nie. Ek verwag ons sal binne twee tot drie maande weer aan die gang wees.”

Dr. Etienne Human, hoof van die SATRC, sê dit is te vroeg om te sê hoe die regering se afkondiging die organisasie raak.
 
– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.