Tolpaaie nog nie uitgemaakte saak

2011-08-19 09:18
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Voorgestelde tolpaaie vir Kaapstad en Gauteng kan nog stopgesit word.

S’bu Ndebele, minister van vervoer, het Donderdag aangedui dat hy aanstaande maand met verskeie rolspelers gaan vergader om die kwessie uit te klaar. Dit sluit in verteenwoordigers van die arbeidsektor, sakelui en belangstellendes.

Ndebele het gesê hy sluit nie die moontlikheid uit dat die regering oortuig kan word om nie met die voorgestelde tolpaaie voort te gaan nie.

Ndebele het na afloop van ’n inligtingsessie by die parlement aan Die Burger gesê: “Ja, rolspelers kan probeer om ons van plan te laat verander oor die tolpaaie.

“Infrastruktuur soos paaie is egter belangrik. Dit kan beteken dat geld van ander dienste weggevat moet word om vir paaie te betaal.

“Die tolpaaie is egter nog nie gebou nie en daarom kan ’n mens nog iets daaromtrent doen. As daar besware van die publiek is, kan die (tol)pad nie gebou word nie.”

Die regering beplan om twee tolpaaie op die N1 en N2 binne die munisipale grense van Kaapstad op te rig. ’n Tolpad word ook beplan op die N2 tussen KwaZulu-Natal en Oos-Londen.

Ofskoon die Ben Schoeman-fase van die Gauteng-snelwegverbeteringsprojek reeds voltooi is, is daar nog fases wat gebou moet word.

Die Kaapse stadsraad het vandeesweek ’n dispuut met die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) verklaar. ’n Formele brief is reeds aan Ndebele gestuur om hom oor die dispuut in te lig.

Ndebele het gesê die stelsel waar verbruikers vir tolpaaie betaal, word reg oor die wêreld aanvaar. “Dit is die geval in Amerika, reg oor Europa en in China.”

Ndebele en Dipuo Peters, minister van energie, het op Donderdag se inligtingsessie klem daarop gelê dat Suid-Afrikaners gewoond moet raak aan ’n stelsel waar die verbruikers vir dienste moet betaal.

Peters het gesê Suid-Afrikaners is halsstarrig om vir tolpaaie, elektrisiteit en water – alles noodsaaklikhede – te betaal, terwyl hulle dit maklik vind om geld te bestee aan dinge wat die lewe gerieflik maak.

Mense is byvoorbeeld bereid om selfone te koop en vir die lugtyd te betaal om oproepe te maak, maar hulle is nie bereid om vir die elektrisiteit te betaal wat hul selfoonbatterye laai nie.

Die kabinet het vandeesmaand verlaagde toltariewe vir fase een van die Gauteng-snelwegverbeteringsprojek aangekondig.

Ndebele het gesê daar is niks wat die regering nou kan doen aan die tolpad wat reeds in Gauteng gebou is nie. “Dit is nou tyd om die lening van R20miljard te betaal.”

- Die Burger

Lees meer oor: kaapstad  |  gauteng  |  tolpaaie

Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-18°C A few showers. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Cashier

Goodwood, Cape Town, South Africa
Persona Staff
Market Related

Facilities Manager Co-ordinator

Port Elizabeth, South Africa
Master Career Consulting
Market Related

Analyst Programmer (Siebel) (EE)

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

NISSAN

Navara 2.5 DCi D-Cab Dsl PU MY07
2008
R 199,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.