Ranger-bakkie kry Ecoboost 21
2010-08-07 02:35
Ford het die hoofingeneur vir hul Explorer-projek, die Amerikaner Todd Hoevener, Australië toe gestuur terwyl hulle die nuwe Ranger bakkie-reeks finaliseer.
Hoevener se uitdaging is om seker te maak die leerraam-onderstel van die volgende generasie Rangers (kodenaam T6) sal ‘n oortuigende alternatief tot Nissan se Pathfinder, Toyota se Fortuner en Mitsubishi se Pajero Sport kan wees.
Die T6 Ranger-bakkie en SUV-aanbod sal bemark word in Australië, Suidoos-Asië en Suid-Afrika – gebiede waar die indrukwekkende vyfde-generasie Explorer waarskynlik nie sal verkoop nie.
Lees meer hier.
- Wheels24