Prius buite beheer op snelweg
2010-03-13 04:07
Kalifornië - Toyota amptenare is blykbaar uit die veld geslaan deur ‘n verslag dat ‘n man van Kalifornië se Prius buite beheer versnel het na sy versneller vasgesit het.
James Sikes was op ‘n snelweg in Kalifornië toe die versneller van sy Toyota Prius vasgesit het en die motor tot ‘n skrikwekkende 152km/uur versnel het.
Hy het die 911 nooddienste gebel en ‘n polisieman het hom gehelp om sy motor tot stilstand te bring.
Toyota het onlangs omtrent 8.5 miljoen motors wêreldwyd herroep na probleme met die motors se versnellers, sowel as probleme met die remme van die Prius.
– Sapa