Porsche jaag verby polisie, 89km/h oor limiet
2011-08-02 17:30
Duitsland – ‘n Porsche-bestuurder mag dalk die motor vol passasiers, wat hy verbygesteek het, beïndruk het behalwe vir die feit dat dit polisiebeamptes was.
Die voorval het in Hamburg gebeur.
Die voertuig wat die Porsche-bestuurder verbygesteek het was ‘n ongemerkte polisiemotor.
Die bestuurder van die Porsche is in hegtenis geneem en sy bestuurderslisensie is gekonfiskeer.
Volgens die polisie was die beamptes in privaatklere en het by ‘n robot gestop toe die Porsche verby hulle gejaag het.
Daar is later vasgestel dat die bestuurder teen 139km/h in ‘n 50km/h sone gery het.
Toe hulle die 23-jarige bestuurder arresteer, is daar vasgestel dat hy die motor geleen het en boonop het hy slegs sy lisensie vir drie maande gehad.
Die bestuurder se lisensie is vir ‘n jaar opgeskort en hy moet ‘n boete, gelykstaande aan ‘n maandelikse salaris, betaal.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA