Padwaardigheidtoetse gedoen op voertuie
2011-06-23 08:11
Kaapstad – Padwaardigheidstoetse is by die Brakpan-toetsstasie op 160 voertuie gedoen wat kinders na en van die skool vervoer.
Verkeersbeamptes het dié voertuie in die ooste van Johannesburg afgetrek.
Een van die bestuurders by die toetsstasie is meer as R1 000 beboet omdat hy met ‘n ongeldige rybewys gery het. Sy Venture, wat daagliks gebruik word om kinders skool toe te vervoer, het ook ‘n stukkende handrem en foutiewelike ratkas gehad.
Sy rybewys het reeds in 2008 verval, maar hy beweer hy ry nie gewoonlik die voertuig nie en het Woensdagoggend vir iemand anders ingestaan.
Beamptes het hom 14 dae kans gegee om herstelwerk aan die voertuig te doen en dit terug te bring vir nóg ‘n padwaardigheidstoets.
Die man is intussen verbied om die pad te gebruik.
- Eyewitness News.
- Volg Nuus24 op Twitter.