Pa koop vir seun nommerplaat van R180 000
2011-08-02 11:08
Brittanje – ‘n Britse sakeman het £17 000 (sowat R187 000) betaal vir ‘n persoonlike nommerplaat vir sy seun.
Die man, wat nie sy naam bekend wou maak nie, het die registrasienommer, 1 HFH, vir sy vyf week oue seun by 'n veiling in Oxfordshire gekoop.
Volgens die bieër is die nommerplaat ‘n goeie belegging en hy gaan dit nie verkoop nie.
“Ek gaan dit vir my seun hou vir eendag wanneer hy oud genoeg is om sy eie motor te besit,” het hy gesê.
– iafrica.
– Volg Nuus24 op Twitter.