Ons 10 vreemdste 'Spoedvrate'
2010-11-12 11:23
Kaapstad - Ons almal hou van ons karre...
Sommige van ons is lief vir die veilige stasiewaens, ander spog weer met die klein buksies. Dan is daar diegene wat glo 'as hy blink, kan hy nie stink.'
Maar party motors kan net nie geklassifiseer word as 'Spoedvrate' nie, al probeer hul vervaardigers hóé hard.
TopCar het 'n lys gaan opstel van die 10 motors wat as 'Spoedvrate' geklassifiseer is, maar nie hierdie titel verdien nie.

Onder hierdie onwaarskynlike motors is die Uno Turbo, wat veels te vinnig vir sy grootte was.
Daar is ook die Nissan Skyline 3.0 SGLi, wat eintlik beter voor 'n karavaan lyk as in die regterbaan van die N1.
Natuurlik is een van die groot 'Spoedvrate' die Toyota HiAce, beter bekend as die Suid-Afrikaanse minibus-taxi.
Spoedvraat? Glo nie.
Lees meer hier.