Nuwe motors al hoe gewilder, wys verkope

2011-07-14 13:50
Tweets Share Share line Print

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg – Nuwevoertuigverkope het verlede maand met amper 13% gespring teenoor Junie verlede jaar s’n, deels danksy groter aankope deur die regering en verhuringsmaatskappye.

Die voertuigverkoopsyfer, soos aangeteken deur die nasionale vereniging van voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa), is neergepen op 44 880 eenhede in Junie. Dis sowat 5 006 eenhede meer as dieselfde maand in verlede jaar.

“Ons het gemengde boodskappe van die mark ontvang in die pas afgelope maand, maar in die algemeen het verkope goed vertoon,” sê dr. Johan van Zyl, uitvoerende hoof van Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM).

“Die passasiersmotormark het sy naasbeste maand vir die jaar aangeteken indien die syfers vir seisoenale wisseling aangepas word. Hierteenoor het die ligtehandelsvoertuigmark sy naasswakste maand vir die jaar tot nou aangeteken.”

Die groei in die passasiersmotormark word steeds aangevuur deur aansienlike groei in die intreevlak-mark. Hierdie marksegment verteenwoordig reeds sowat 45% van die totale motormark en dit sal na verwagting selfs meer groei namate meer mense kleiner voertuie aankoop. Dié marktendens kan toegeskryf word aan die ekonomiese afswaai in 2008 en dat al hoe meer opsies in dié segment beskikbaar gestel word.

“Ons vind dat al hoe meer mense ouer voertuie vir nuwer modelle inruil. Die normale vervanging­siklus is effens op sy kop gekeer te midde van die laaste paar jaar se ekonomiese druk, maar al hoe meer mense wat die vervanging van hul voertuie uitgestel het, keer nou terug na die mark,” sê Van Zyl.

Die nuwevoertuigmark is verder ondersteun deur groot aankope deur voertuigverhuringsmaatskappye (’n styging van 128,6% teenoor verlede jaar). Hierdie sektor het teruggekeer na normale seisoenale aankooppatrone nadat sy aankooppatrone verlede jaar aangepas is vir WB 2010.

Voertuigaankope deur regeringsinstellings het ook gestyg in pas met die normale, seisoenale lewering van voertuie vir regeringstenders.

“Toyota voel steeds die uitwerking van die tsoenami van 11 Maart in Japan, veral ten opsigte van die beskikbaarheid van sekere volledig ingevoerde voertuie,” sê Van Zyl.

“Dié gebeurtenis het feitlik geen invloed op ons plaaslik vervaardigde Corolla-, Fortuner- en Hilux-modelle gehad nie, maar dit het die lewering van sekere ingevoerde modelle vertraag. Dit sluit in voertuie soos die Quantum, Ses’fikile en Yaris Zen.”

Die uitvoer van Suid-Afrikaans geboude voertuie het in pas met die plaaslike voertuigmark gegroei. Die totale uitvoersyfers het verlede maand deur die 25 000-kerf gebreek (25 295 eenhede), wat dui op ’n groeisyfer van 24,1% vir die jaar tot op hede.

“Ons is nou verby die halfpad-merk vir die jaar en verwag dat die groeisyfer vir 2011 baie soortgelyk sal wees aan die huidige jaar-tot-datum-groeisyfer van 15,7%. Dit beteken dat ons ’n algehele mark van ongeveer 570 000 eenhede vir die jaar kan verwag,” sê Van Zyl.


- Beeld

Lees meer oor: voertuigverkope

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Client Service Director

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R35000 - R45000

Technical Officer

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R90 - R120

REFUNDS CLERK

Cape Town: Northern Suburbs
Quantex Executive Recruitment
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 63,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 TDi Comfortline Dsl
2003
R 94,900.00

KIA

Rio 1.3
2004
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.