Nuwe bande nou duurder weens heffing

2012-01-18 07:00
Tweets Share Share line Print

Kaapstad – Verbruikers gaan van 1 Februarie ’n heffing van R2,30 per kilogram op nuwe bande betaal.

Edna Molewa, minister van omgewingsake, het Dinsdag in Pretoria toe sy die Recycling and Economic Development Initiative (Redisa) amptelik aangekondig het, gesê dié geld sal gehef word op die vervaardigers en invoerders van nuwe bande.

Dit sal net toegedeel word aan Redisa en daar sal geen heffing op hersoolde bande wees nie.

Volgens Molewa gaan die regering ook tot 15 000 nuwe werksgeleenthede skep met sy nuwe ini­siatief waarmee hy ou motorbande wil herwin.

In Suid-Afrika word jaarliks naastenby 200000 ton buitebande weggegooi. Dié bande skep ’n reuse-kopseer vir die regering en die omgewing.

Sy het gesê dié inisitief sal die middel wees waarmee afvalbande behoorlik bestuur word.

Volgens Molewa sal Redisa ’n netwerk van depots en herwinningsaanlegte landwyd ontwikkel. “Daaruit sal die werksgeleenthede spruit, waarvan 5000 in die informele sektor is.”

Mense wat ou buitebande na dié depots neem, sal daarvoor betaal word. Dit is egter nog nie duidelik hoeveel hulle betaal sal word nie.

Teen R2,30/kg sal die heffing op vier bande vir ’n middelslag-gesinsmotor sowat R80 beloop.

Die heffing op vier bande vir ’n groot bakkie sal sowat R320 beloop.

Hermann Erdmann, uitvoerende hoof van Redisa, kon nie Dinsdag vir kommentaar bereik word nie.

Lize Hayward, woordvoerder van Goodyear SA, het gesê dié groep is nog besig om die minister se nuwe plan te bestudeer. Sy wou nie betrek word by die impak van die nuwe heffing op Goodyear se besigheid nie.

Gary Ronald, woordvoerder van die AA, het die minister se plan verwelkom.

“Daar is ’n reuse-probleem met verbruikte bande. Die probleem met ou bande is tweevoudig: Hulle vergaan nie (is nie bio-afbreekbaar nie) en hulle neem vreeslik baie plek op.”

Ronald het gesê die heffing op bande behoort te werk soos heffings op batterye.

“’n Mens sal jou ou bande na ’n herwinningsdepot kan neem, waar jy geld sal ontvang vir jou ou bande.”

Gareth Morgan, DA-LP, het gesê hy glo die minister is “ooroptimisties” met haar ideale vir werkskepping.

“As ’n mens kan geld kry vir jou ou bande, waarom sal jy dit weggooi? Jy sal dit bloot self gaan ingee. Dit beteken die ideaal om werk te skep mag nie heeltemal bereik word nie.”

Morgan het ook gesê die kans is goed dat diefstal van bande kan toeneem. “As ek R200 soek, kan ek net 20 bande gaan steel en dit aan ’n herwinnaar verkoop.”

– Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

Lees meer oor: padveiligheid

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 63,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 TDi Comfortline Dsl
2003
R 94,900.00

KIA

Rio 1.3
2004
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.