Net Japanse motors by skou

2009-10-22 10:00
Tweets Share Share line Print

Nissan Leaf

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Kaapstad - Die Tokio-motorskou gooi dié naweek sy deure vir die publiek oop, maar wat eens ’n teelaarde vir wêreldbekendstellings was, is vanjaar bloot ’n afgewaterde Japanse affêre.

Daar sal steeds konsepmodelle en koddige elektriese vuurwaens wees, soos ’n mens nou al van ’n Japanse motorskou verwag, maar al dié rygoed is van Japanse vervaardigers.

Geen groot Amerikaanse of Europese motorgroep het dit die moeite werd geag om vanjaar by die skou in Tokio vir die eerste keer ’n belangrike model aan die wêreldpubliek te wys nie.

Enersyds is dit ’n teken van die stram ekonomiese tye. Dit kos groot geld om by ’n motorskou uit te stal, as jy dit ordentlik wil doen. Daarom is die vervaardigers al meer kieskeurig. Detroit in Januarie, Genève in Maart en Frankfurt in September bied ’n lang lysie van billike alternatiewe wat boonop nader aan die huis is.

Maar daarby is die tanende belangstelling by die groot vervaardigers in Tokio ook ’n lakmoestoets vir die Japanse hoofstad se relevansie vir die wêreldmark.

As jy wel in Asië ’n motor bekend wil stel, maak Beijing en Sjanghai al meer sin.

Terloops, selfs Toyota het vanjaar sy belangrikste voertuig vir 2009, die nuwegeslag-Prius, op Detroit se motorskou sy wêrelddebuut laat maak.

Tog keer die Japanse vervaardigers Tokio nie die rug nie.

’n Paar interessante nuwe elektriese modelle en konsepmotors gaan wel hul opwagting maak, en wie weet, dalk sal een of twee tog die produksielyn haal.

Intussen brand Tokio se vlam weliswaar kleiner, maar nog steeds sterk.

Lees meer oor: japan  |  motors

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Andre sê... WAT, is daar so iets soos n “Nommer Een Taxi-bestuurder”. Aikona eish ek glo nie daai ding Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 11-16°C Passing showers. Scattered clouds. Cool. Pta: 7-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-27°C Sunny. Pleasantly warm. PE: 13-19°C A few showers. More clouds than sun. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 Trendline MY05
2006
R 114,995.00

LAND ROVER

DISCOVERY XS TD5 AT
2004
R 209,900.00

AUDI

A3 2.0 FSi Attraction Tiptronic 3-dr
2007
R 199,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Aanbod van die week

PS3 speletjies vanaf R149.95

Plus PS2 en PSP speletjies vanaf R99.95. Slegs terwyl voorraad hou. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.