Motorwagte verkoop Audi vir R1,5 m.

2010-07-24 07:05
Tweets Share Share line Print

Kaapstad - Agt Kaapse motorwagte het hul spogwa vir R1,5 miljoen van die hand gesit.

Hul geld om die Audi R8 van meer as R2 miljoen te onderhou, het opgeraak, maar hulle sal steeds liefdadigheidswerk doen, het hulle gesê.

’n Skatryk sakeman, Rob Taylor, het die sleutel van die motor in Januarie aan die motorwagte oorhandig.

Sy welwillendheidsboodskap – dat motorwagte ook spogmotors kan besit – het hulle geïnspireer om liefdadigheidswerk te doen.

Hulle het tevergeefs probeer om die motor by ’n tweedehandse handelaar te verkoop en dit toe maar vandeesweek aan die handelaar terugbesorg.

Die wagte het die geld, waarmee hulle beplan om ’n organisasie sonder winsbejag op die been te bring, gister in ’n rekening belê, het Didi Kolane van die agentskap Network BBDO, wat hul liefdadigheidswerk behartig, gesê.

Gister is herstelwerk aan die motor, wat vir R2,03 miljoen gekoop is, begin nadat die motorwagte ’n gleuf in die enjinkap gesny het sodat die publiek skenkings ten bate van hul liefdadigheidsveldtogte daarin kon plaas.

Martin Nahimana, een van motorwagte, het vroeër gesê hulle het net sowat R400 per maand in kontant ontvang.

Die wagte het met R36 000 wat hulle ingesamel het ’n klaskamer vir ’n kleuterskool in Philippi gebou.

Michael Britz, verkoopsbestuurder van Audi Kaapstad, het gesê hy het hulle aanvanklik gevra om hulle besluit om die motor te verkoop, te heroorweeg.

Die handelaar moes die enjinkap, skraapmerke, bande en vellings herstel, wat sowat R100 000 gekos het, het Britz gesê.

Van ’n dokumentêre rolprent oor hul lewe met die spoggeskenk wat wêreldwyd vertoon sou word, gaan nou waarskynlik ook niks kom nie.

Volg Nuus24 op Twitter

- Die Burger

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2005
R 63,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.4 TDi Comfortline Dsl
2003
R 94,900.00

KIA

Rio 1.3
2004
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.