Motorstoeltjies nie noodwendig veiliger nie
2011-09-20 12:28
Brittanje – Kinders loop die risiko om ernstige beserings op te doen of selfs te sterf omdat die motorstoeltjies waarop hulle sit nie reg in motors pas nie.
Navorsing toon soveel as twee derdes van motorstoeltjies vir jonger kinders word nie reg in motors geïnstalleer nie.
As die stoeltjie nie reg in die motor pas nie kan dit min of selfs geen beskerming vir die kind bied nie.
Die meeste van dié foute word glo deur opgeleide handelaars self gemaak.
Toetsers het in die geheim 43 winkels in die Verenigde Koninkryk besoek wat beweer hulle gee hul personeel opleiding om motorstoeltjies te installeer.
Maar foute is in 49% van dié gevalle gemaak.
Personeel by 15 winkels het vergeet om die basiese vraag te vra oor hoeveel die kind weeg, terwyl 20 motorstoeltjies aanbeveel is wat nie by die soort motor waarvoor dit gekoop word, pas nie.
Twee groot winkels het heeltemal vergeet om te verduidelik dat babas in motorstoeltjies geplaas moet word wat na agter wys.
– Daily Mail.
– Volg Nuus24 op Twitter.