Motors wat in ongelukke betrokke is bel self vir hulp
2011-09-12 10:05
Europa – Die Europese Unie (EU) het die groen lig gekry om voort te gaan met ‘n nooddiens belstelsel wat vanaf 2015 in alle nuwe motors geïnstalleer gaan word.
Die doel van dié stelsel is om ongelukke op Europese paaie te verminder.
Die eCall-stelsel sal by nuwe modelle asook ligte voertuie geïnstalleer word en sal outomaties die Europese nooddiensnommer, 112, bel in die geval van ‘n ernstige ongeluk.
Die EU gaan vandeesweek seker maak mobiele telefoonoperateurs gaan hul dienste opgradeer sodat eCalls nooddienswerkers kan bereik.
eCall sal nooddienste van ongelukke in kennis stel al het die bestuurder of passasier hul bewussyn verloor en kan nie die oproep self maak nie.
Die tegnologie, wat minder as €100 (sowat R1000) gaan kos om te installeer, sal reaksietyd van nooddienswerkers met 40% 40% verbeter en 50% in landelike dele.
Die stelsel sal egter nie ‘n opsporingstelsel wees nie omdat dit eers geaktiveer word wanneer die motor in ‘n ongeluk betrokke is.
eCall sal vanaf 2015 in lande soos Kroasië, Ysland, Noorweë en Switserland in werking wees.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP