Motors 'bestuur hulself' teen 2020
2011-10-18 12:20
Orlando – Motors wat hulself kan bestuur sal teen 2020 beskikbaar wees, en dit sal veiliger wees as die soort wat mense bestuur, het die motorvervaardiger General Motors (GM) gesê.
Alan Taub, GM se adjunkhoof vir navorsing en ontwikkeling, het Sondag gesê veiligheidstelsels soos sensors, radar, koordlose kommunikasie, GPS-toestelle en kameras sal belangrike inligting aan die bestuurder en die motor se rekenaar deurgee.
Dié tegnologie sal die bestuurder toelaat om die voertuig te laat konsentreer om die bestuurwerk, terwyl die bestuurder self iets anders doen.
“Die primêre doelwit is veiligheid. Veiligheidstelsels in die toekoms sal ongelukke namens die bestuurder voorkom, voordat (bestuurders) bewus raak van gevaarlike situasies.
– Kliek hier om die volledige storie te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter.